Lake Placid

Village of Lake Placid
Dorp
Lake Placid – die meer
Lake Placid – die meer
Village of Lake Placid is in die Verenigde State
Village of Lake Placid
Village of Lake Placid
Lake Placid – die meer
Koördinate: 44°17′8″N 73°59′7″W / 44.28556°N 73.98528°W / 44.28556; -73.98528
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat New York
CountyEssex
Regering
 • BurgemeesterArt Devlin
Oppervlak
 • Totaal3,98 km2 (1,54 vk. myl)
 • Land3,55 km2 (1,37 vk. myl)
 • Water0,43 km2 (0,17 vk. myl)
Hoogte
549 m (1 801 ft)
Bevolking
 • Totaal2 357
 • Digtheid663,73/km2 (1 719,18/vk. myl)
TydsoneUTC-5 (OST)
 • SomertydUTC-4 (ODT)
Webwerflakeplacid.com

Lake Placid (afgelei van die Engelse byvoeglike naamwoord placid: "kalm", "rustig", "vreedsaam") is die naam van 'n dorp en 'n meer in die Adirondack-gebergte in Essex County (New York, Verenigde State). Lake Placid het 'n bevolking van 2 357 in 2019 gehad. Die dorp is na die meer vernoem.

Die Whiteface Mountain-skigebied – terrein van twee Olimpiese Winterspele – gedurende somer. Whiteface is in die naburige dorpie Wilmington, NY, geleë.

Die dorp Lake Placid, 'n gewilde skioord, is naby die stadsentrum van North Elba geleë, sowat 40 myl suidwes van Plattsburgh. Die meer vorm saam met die nabygeleë Saranac Lake en Tupper Lake die sogenaamde Tri-Lakes-gebied.

Lake Placid het internasionale bekendheid verwerf as die gasheerdorp van die Olimpiese Winterspele in 1932 en 1980. Dit is saam met St. Moritz in Switserland en Innsbruck in Oostenryk een van slegs drie plekke waar die Olimpiese Winterspele twee keer gehou is. Naas Los Angeles is Lake Placid die enigste plek in Noord-Amerika wat twee keer as gasheerstad van Olimpiese Spele opgetree het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy